Afrikaans Bible

JOB 18

JOB

Return to Index

Chapter 19

1


 

  Maar Job het geantwoord en gesê:  

 

 

-

2


 

  Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?  

 

 

-

3


 

  Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.  

 

 

-

4


 

  En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.  

 

 

-

5


 

  As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,  

 

 

-

6


 

  weet dan dat God my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.  

 

 

-

7


 

  As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.  

 

 

-

8


 

  Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.  

 

 

-

9


 

  My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.  

 

 

-

10


 

  Hy werp my aan alle kante omver, en -- daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom.  

 

 

-

11


 

  Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.  

 

 

-

12


 

  As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.  

 

 

-

13


 

  My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.  

 

 

-

14


 

  My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.  

 

 

-

15


 

  My bywoners en my slavinne beskou my as 'n vreemde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë.  

 

 

-

16


 

  Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.  

 

 

-

17


 

  My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.  

 

 

-

18


 

  Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.  

 

 

-

19


 

  Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.  

 

 

-

20


 

  My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.  

 

 

-

21


 

  Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!  

 

 

-

22


 

  Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?  

 

 

-

23


 

  Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in 'n boek opgeteken word --  

 

 

-

24


 

  met 'n ystergriffel en lood -- vir altyd in 'n rots ingekap!  

 

 

-

25


 

  Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.  

 

 

-

26


 

  En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;  

 

 

-

27


 

  Hom wat ‚k sal aanskou my ten goede, en my oë -- en geen vreemde nie -- sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.  

 

 

-

28


 

  As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! --  

 

 

-

29


 

  vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.  

 

 

-

JOB 20

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: