Afrikaans Bible

JOB 13

JOB

Return to Index

Chapter 14

1


 

  Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.  

 

 

-

2


 

  Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.  

 

 

-

3


 

  En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.  

 

 

-

4


 

  Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine -- nie een nie!  

 

 

-

5


 

  As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,  

 

 

-

6


 

  kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus -- totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.  

 

 

-

7


 

  Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.  

 

 

-

8


 

  As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof --  

 

 

-

9


 

  van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.  

 

 

-

10


 

  Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en -- waar is hy?  

 

 

-

11


 

  Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog --  

 

 

-

12


 

  so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.  

 

 

-

13


 

  Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!  

 

 

-

14


 

  As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;  

 

 

-

15


 

  U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.  

 

 

-

16


 

  Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?  

 

 

-

17


 

  My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.  

 

 

-

18


 

  Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;  

 

 

-

19


 

  die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens -- U maak dit tot niet.  

 

 

-

20


 

  U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.  

 

 

-

21


 

  Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.  

 

 

-

22


 

  Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.  

 

 

-

JOB 15

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: