Afrikaans Bible

JOB 12

JOB

Return to Index

Chapter 13

1


 

  Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.  

 

 

-

2


 

  Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.  

 

 

-

3


 

  Maar ‚k sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.  

 

 

-

4


 

  Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.  

 

 

-

5


 

  Ag, as julle maar heeltemal sou swyg -- dan sou dit vir julle wysheid wees!  

 

 

-

6


 

  Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.  

 

 

-

7


 

  Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?  

 

 

-

8


 

  Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?  

 

 

-

9


 

  Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?  

 

 

-

10


 

  Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.  

 

 

-

11


 

  Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?  

 

 

-

12


 

  Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.  

 

 

-

13


 

  Laat my met rus; dan wil ‚k spreek; laat dan oor my kom wat wil.  

 

 

-

14


 

  Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?  

 

 

-

15


 

  Kyk, al wil Hy my ombring -- ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.  

 

 

-

16


 

  Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.  

 

 

-

17


 

  Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.  

 

 

-

18


 

  Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ‚k reg sal hê.  

 

 

-

19


 

  Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.  

 

 

-

20


 

  Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:  

 

 

-

21


 

  trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.  

 

 

-

22


 

  Klaag dan maar aan, en ‚k sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.  

 

 

-

23


 

  Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.  

 

 

-

24


 

  Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?  

 

 

-

25


 

  Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,  

 

 

-

26


 

  dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,  

 

 

-

27


 

  en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;  

 

 

-

28


 

  en d¡t iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.  

 

 

-

JOB 14

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: