Afrikaans Bible

JOB 10

JOB

Return to Index

Chapter 11

1


 

  Toe het Sofar, die Na„matiet, geantwoord en gesê:  

 

 

-

2


 

  Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?  

 

 

-

3


 

  Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot -- sonder dat iemand jou beskaamd maak --  

 

 

-

4


 

  en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?  

 

 

-

5


 

  Maar, ag, as God maar wou spreek en sy lippe open teen jou!  

 

 

-

6


 

  En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.  

 

 

-

7


 

  Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?  

 

 

-

8


 

  Hoogtes van die hemel is dit -- wat kan jy doen? Dieper as die doderyk -- wat kan jy weet?  

 

 

-

9


 

  Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.  

 

 

-

10


 

  As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep -- wie sal Hom dan teëhou?  

 

 

-

11


 

  Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.  

 

 

-

12


 

  So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.  

 

 

-

13


 

  As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom  

 

 

-

14


 

  -- as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie --  

 

 

-

15


 

  ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.  

 

 

-

16


 

  Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.  

 

 

-

17


 

  En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker -- dit sal wees soos die môre !  

 

 

-

18


 

  En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond -- jy sal in veiligheid gaan slaap.  

 

 

-

19


 

  Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.  

 

 

-

20


 

  Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is -- uitblasing van die laaste asem.  

 

 

-

JOB 12

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: