Afrikaans Bible

JOB 8

JOB

Return to Index

Chapter 9

1


 

  Maar Job het geantwoord en gesê:  

 

 

-

2


 

  Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?  

 

 

-

3


 

  As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.  

 

 

-

4


 

  Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?  

 

 

-

5


 

  Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;  

 

 

-

6


 

  wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;  

 

 

-

7


 

  wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;  

 

 

-

8


 

  wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;  

 

 

-

9


 

  wat die Beer gemaak het, die Or¡on en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;  

 

 

-

10


 

  wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.  

 

 

-

11


 

  Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.  

 

 

-

12


 

  Sleep Hy weg -- wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?  

 

 

-

13


 

  God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.  

 

 

-

14


 

  Hoeveel minder sal ‚k Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;  

 

 

-

15


 

  Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!  

 

 

-

16


 

  As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.  

 

 

-

17


 

  Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;  

 

 

-

18


 

  my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.  

 

 

-

19


 

  Kom dit aan op die krag van die sterkste -- hier is Ek! En kom dit op reg aan -- wie kan My dagvaar?  

 

 

-

20


 

  Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.  

 

 

-

21


 

  Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!  

 

 

-

22


 

  Dit is net eenders -- daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.  

 

 

-

23


 

  As die g‚sel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.  

 

 

-

24


 

  Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?  

 

 

-

25


 

  Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.  

 

 

-

26


 

  Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.  

 

 

-

27


 

  As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,  

 

 

-

28


 

  dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.  

 

 

-

29


 

  Ek sal tog skuldig wees -- waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?  

 

 

-

30


 

  Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,  

 

 

-

31


 

  dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.  

 

 

-

32


 

  Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.  

 

 

-

33


 

  Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.  

 

 

-

34


 

  Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;  

 

 

-

35


 

  dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want so is dit met my nie gesteld nie.  

 

 

-

JOB 10

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: