Afrikaans Bible

JOB 3

JOB

Return to Index

Chapter 4

1


 

  Toe antwoord lifas, die Temaniet, en sê:  

 

 

-

2


 

  As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou -- wie kan dit?  

 

 

-

3


 

  Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.  

 

 

-

4


 

  Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.  

 

 

-

5


 

  Maar nou dat dit jou oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jou tref, is jy verslae!  

 

 

-

6


 

  Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?  

 

 

-

7


 

  Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?  

 

 

-

8


 

  Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, die maai dit.  

 

 

-

9


 

  Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.  

 

 

-

10


 

  Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller -- ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.  

 

 

-

11


 

  Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.  

 

 

-

12


 

  Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,  

 

 

-

13


 

  by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.  

 

 

-

14


 

  Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.  

 

 

-

15


 

  Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.  

 

 

-

16


 

  Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie -- 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:  

 

 

-

17


 

  Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?  

 

 

-

18


 

  Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.  

 

 

-

19


 

  Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.  

 

 

-

20


 

  Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.  

 

 

-

21


 

  Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.  

 

 

-

JOB 5

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: