Afrikaans Bible

JOB 2

JOB

Return to Index

Chapter 3

1


 

  Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.  

 

 

-

2


 

  En Job het begin en gesê:  

 

 

-

3


 

  Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.  

 

 

-

4


 

  Mag die dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.  

 

 

-

5


 

  Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.  

 

 

-

6


 

  Daardie nag -- mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.  

 

 

-

7


 

  Ja, mag die nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.  

 

 

-

8


 

  Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Levi tan op te hits.  

 

 

-

9


 

  Mag die sterre van sy môre skemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.  

 

 

-

10


 

  Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.  

 

 

-

11


 

  Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?  

 

 

-

12


 

  Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?  

 

 

-

13


 

  Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,  

 

 

-

14


 

  saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;  

 

 

-

15


 

  of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.  

 

 

-

16


 

  Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.  

 

 

-

17


 

  Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.  

 

 

-

18


 

  Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.  

 

 

-

19


 

  Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.  

 

 

-

20


 

  Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;  

 

 

-

21


 

  wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;  

 

 

-

22


 

  wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?  

 

 

-

23


 

  Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?  

 

 

-

24


 

  Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.  

 

 

-

25


 

  As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.  

 

 

-

26


 

  Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!  

 

 

-

JOB 4

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: