Afrikaans Bible

RIGTERS 11

RIGTERS

Return to Index

Chapter 12

1


 

  En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en ons nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.  

 

 

-

2


 

  Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.  

 

 

-

3


 

  En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?  

 

 

-

4


 

  Daarop versamel Jefta al die manne van G¡lead om teen Efraim te veg; en die manne van G¡lead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.  

 

 

-

5


 

  En G¡lead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan -- dan vra die manne van G¡lead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee,  

 

 

-

6


 

  dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in die tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.  

 

 

-

7


 

  En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van G¡lead.  

 

 

-

8


 

  En n  hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.  

 

 

-

9


 

  En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.  

 

 

-

10


 

  En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.  

 

 

-

11


 

  En n  hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.  

 

 

-

12


 

  En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land S‚bulon.  

 

 

-

13


 

  En n  hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.  

 

 

-

14


 

  En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.  

 

 

-

15


 

  En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in P¡reaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.  

 

 

-

RIGTERS 13

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: