Afrikaans Bible

JOSHUA 17

JOSHUA

Return to Index

Chapter 18

1


 

  Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.  

 

 

-

2


 

  Maar daar was onder die kinders van Israel nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie.  

 

 

-

3


 

  Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gegee het?  

 

 

-

4


 

  Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom  

 

 

-

5


 

  en dit onder mekaar in sewe dele verdeel: Juda moet sy gebied in die suide behou, en die huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou.  

 

 

-

6


 

  Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van die HERE onse God.  

 

 

-

7


 

  Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die HERE hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die HERE, hulle gegee het.  

 

 

-

8


 

  Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van die HERE in Silo.  

 

 

-

9


 

  En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in 'n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.  

 

 

-

10


 

  Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die HERE; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.  

 

 

-

11


 

  En die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;  

 

 

-

12


 

  en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van J‚rigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en loop dood by die woestyn van Bet-Awen;  

 

 

-

13


 

  en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder;  

 

 

-

14


 

  dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Je rim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant;  

 

 

-

15


 

  en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Je rim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftoag;  

 

 

-

16


 

  dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in die dal van die Refa‹ete lê; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel;  

 

 

-

17


 

  verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adummim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben;  

 

 

-

18


 

  dan gaan dit oor na die hang teenoor die Araba in noordelike rigting en loop af na die Araba;  

 

 

-

19


 

  verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn;  

 

 

-

20


 

  en die Jordaan begrens dit aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle geslagte, volgens sy lyne rondom.  

 

 

-

21


 

  En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was: J‚rigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,  

 

 

-

22


 

  en Bet-Araba en Semar im en Bet-el,  

 

 

-

23


 

  en Haäwim en Para en Ofra,  

 

 

-

24


 

  en Kefar-Haämmoni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe;  

 

 

-

25


 

  G¡beon en Rama en Beërot,  

 

 

-

26


 

  en Mispe en Kef¡ra en Mosa,  

 

 

-

27


 

  en Rekem en J¡rpeël en T reala,  

 

 

-

28


 

  en Sela, Elef en Jebusi, dit is Jerusalem, G¡beat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte.  

 

 

-

JOSHUA 19

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: