Afrikaans Bible

JOSHUA 14

JOSHUA

Return to Index

Chapter 15

1


 

  En vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide;  

 

 

-

2


 

  en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek;  

 

 

-

3


 

  en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barn‚a en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;  

 

 

-

4


 

  dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees.  

 

 

-

5


 

  En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af  

 

 

-

6


 

  loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Araba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben.  

 

 

-

7


 

  Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adummim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel.  

 

 

-

8


 

  Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is.  

 

 

-

9


 

  Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftoag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na B „la, dit is Kirjat-Je rim.  

 

 

-

10


 

  Dan swaai die lyn van B „la af weg in westelike rigting na die gebergte Se‹r en loop oor na die noordelike hang van die berg Je rim, dit is K‚salon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna.  

 

 

-

11


 

  Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg B „la en loop aan na J bneël, sodat die lyn doodloop by die see.  

 

 

-

12


 

  Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte.  

 

 

-

13


 

  Maar aan Kaleb, die seun van Jefunne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die HERE aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron.  

 

 

-

14


 

  En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ah¡man en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.  

 

 

-

15


 

  En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer;  

 

 

-

16


 

  en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.  

 

 

-

17


 

  Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.  

 

 

-

18


 

  En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?  

 

 

-

19


 

  En sy sê: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.  

 

 

-

20


 

  Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte.  

 

 

-

21


 

  En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: K bseël en Eder en Jagur,  

 

 

-

22


 

  en Kina en Dimona en Ad da,  

 

 

-

23


 

  en Kedes en Hasor en Jitnan,  

 

 

-

24


 

  Sif en Telem en B‚alot,  

 

 

-

25


 

  en Hasor-Had tta en K‚riot-Hesron, dit is Hasor;  

 

 

-

26


 

  Amam en Sema en Molada,  

 

 

-

27


 

  en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet,  

 

 

-

28


 

  en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjotja,  

 

 

-

29


 

  B „la en Ijjim en Esem,  

 

 

-

30


 

  en ltolad en Kesil en Horma,  

 

 

-

31


 

  en Siklag en Madm nna en Sans nna,  

 

 

-

32


 

  en Leb ot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam nege en twintig, met hulle dorpe;  

 

 

-

33


 

  in die Laeveld: Est ol en Sorea en Asna,  

 

 

-

34


 

  en Sanoag en En-Gannim, Tappuag en Enam,  

 

 

-

35


 

  Jarmut en Adullam, Sogo en As‚ka,  

 

 

-

36


 

  en Saär im en Ad¡taim en Ged‚ra en Ged‚rotaim: veertien stede met hulle dorpe;  

 

 

-

37


 

  Senan en Had sa en Migdal-Gad,  

 

 

-

38


 

  en Dilean en Mispe en Jokteël,  

 

 

-

39


 

  Lagis en Boskat en Eglon,  

 

 

-

40


 

  en Kabbon en Lagmas en Kitlis,  

 

 

-

41


 

  en Ged‚rot, Bet-Dagon en N „ma en Makk‚da: sestien stede met hulle dorpe;  

 

 

-

42


 

  Libna en Eter en Asan,  

 

 

-

43


 

  en Jiftag en Asna en Nesib,  

 

 

-

44


 

  en Keh¡la en Agsib en Mar‚sa: nege stede met hulle dorpe;  

 

 

-

45


 

  Ekron met sy onderhorige plekke en sy dorpe;  

 

 

-

46


 

  van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant van Asdod lê, met hulle dorpe;  

 

 

-

47


 

  Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe; Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot by die spruit van Egipte en die Groot See saam met sy gebied;  

 

 

-

48


 

  en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo,  

 

 

-

49


 

  en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir,  

 

 

-

50


 

  en Anab en Est‚mo en Anim,  

 

 

-

51


 

  en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe;  

 

 

-

52


 

  Arab en Duma en Esean,  

 

 

-

53


 

  en Janum en Bet-Tappuag en Af‚ka,  

 

 

-

54


 

  en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe;  

 

 

-

55


 

  Maon, Karmel en Sif en Jutta,  

 

 

-

56


 

  en J¡sreël en Jokdeam en Sanoag,  

 

 

-

57


 

  Kain, G¡bea en Timna: tien stede met hulle dorpe;  

 

 

-

58


 

  Halhul, Bet-Sur en Gedor,  

 

 

-

59


 

  en M „rat en Bet-Anot en ltekon: ses stede met hulle dorpe;  

 

 

-

60


 

  Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Je rim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe;  

 

 

-

61


 

  in die woestyn: Bet-Araba, Middin en Seg ga,  

 

 

-

62


 

  en Nibsan en die Soutstad en ngedi: ses stede met hulle dorpe.  

 

 

-

63


 

  Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.  

 

 

-

JOSHUA 16

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: