Afrikaans Bible

NUMERI 27

NUMERI

Return to Index

Chapter 28

1


 

  Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:  

 

 

-

2


 

  Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.  

 

 

-

3


 

  En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as 'n voortdurende brandoffer.  

 

 

-

4


 

  Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei;  

 

 

-

5


 

  met 'n tiende van 'n efa fynmeel as spysoffer, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie.  

 

 

-

6


 

  Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.  

 

 

-

7


 

  En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die HERE uitgiet.  

 

 

-

8


 

  En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei -- 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.  

 

 

-

9


 

  Maar op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

-

10


 

  Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

-

11


 

  En by die begin van julle maande moet julle 'n brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

-

12


 

  en drie-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;  

 

 

-

13


 

  en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is 'n brandoffer, 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.  

 

 

-

14


 

  En hulle drankoffers moet wees 'n half-hin wyn vir 'n bul en 'n derde van 'n hin vir 'n ram en 'n kwart-hin vir 'n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.  

 

 

-

15


 

  Ook moet een bokram as sondoffer aan die HERE berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

-

16


 

  En in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die HERE.  

 

 

-

17


 

  En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.  

 

 

-

18


 

  Op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; g‚‚n beroepswerk mag julle doen nie.  

 

 

-

19


 

  Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.  

 

 

-

20


 

  En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van 'n efa vir 'n bul en twee-tiendes vir 'n ram moet julle berei.  

 

 

-

21


 

  Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.  

 

 

-

22


 

  Daarby een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.  

 

 

-

23


 

  Behalwe die môre brandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.  

 

 

-

24


 

  Op die manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die HERE berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word -- en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

-

25


 

  En op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g‚‚n beroepswerk mag julle doen nie.  

 

 

-

26


 

  En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g‚‚n beroepswerk mag julle doen nie.  

 

 

-

27


 

  Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;  

 

 

-

28


 

  en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,  

 

 

-

29


 

  een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;  

 

 

-

30


 

  een bokram om vir julle versoening te doen.  

 

 

-

31


 

  Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei -- hulle moet vir julle sonder gebrek wees -- en hulle drankoffers.  

 

 

-

NUMERI 29

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: