Afrikaans Bible

EXODUS 36

EXODUS

Return to Index

Chapter 37

1


 

  En Bes leël het die ark van akasiahout gemaak; twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.  

 

 

-

2


 

  En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan 'n goue krans gemaak rondom.  

 

 

-

3


 

  En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, so dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.  

 

 

-

4


 

  En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;  

 

 

-

5


 

  en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.  

 

 

-

6


 

  Hy het ook 'n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.  

 

 

-

7


 

  Ook het hy twee g‚rubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.  

 

 

-

8


 

  Een g‚rub aan die een ent en een g‚rub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die g‚rubs gemaak, aan die twee ente.  

 

 

-

9


 

  En die g‚rubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die g‚rubs was op die versoendeksel gerig.  

 

 

-

10


 

  Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en 'n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.  

 

 

-

11


 

  En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.  

 

 

-

12


 

  Hy het ook daarvoor 'n lys van 'n handbreed gemaak rondom; en hy het 'n goue krans vir die lys gemaak rondom.  

 

 

-

13


 

  Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.  

 

 

-

14


 

  Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.  

 

 

-

15


 

  Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.  

 

 

-

16


 

  En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.  

 

 

-

17


 

  Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.  

 

 

-

18


 

  En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.  

 

 

-

19


 

  Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom -- so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.  

 

 

-

20


 

  Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:  

 

 

-

21


 

  daar was 'n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan -- vir die ses arms wat daaruit uitgaan.  

 

 

-

22


 

  Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.  

 

 

-

23


 

  En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.  

 

 

-

24


 

  Van 'n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.  

 

 

-

25


 

  En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; 'n el was sy lengte en 'n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.  

 

 

-

26


 

  En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.  

 

 

-

27


 

  Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.  

 

 

-

28


 

  En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.  

 

 

-

29


 

  Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos 'n salfmenger dit maak.  

 

 

-

EXODUS 38

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: