Afrikaans Bible

GENESIS 43

GENESIS

Return to Index

Chapter 44

1


 

  Toe gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak;  

 

 

-

2


 

  en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.  

 

 

-

3


 

  Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels.  

 

 

-

4


 

  Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?  

 

 

-

5


 

  Is dit nie die ding waaruit my heer drink en waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het.  

 

 

-

6


 

  En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel.  

 

 

-

7


 

  Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my heer sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen.  

 

 

-

8


 

  Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän aan u teruggebring hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?  

 

 

-

9


 

  Di‚ een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees.  

 

 

-

10


 

  Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Di‚ een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar julle sal vry wees.  

 

 

-

11


 

  Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.  

 

 

-

12


 

  En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.  

 

 

-

13


 

  Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.  

 

 

-

14


 

  En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die grond.  

 

 

-

15


 

  Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat 'n man soos ek dit ongetwyfeld moet waarneem nie?  

 

 

-

16


 

  En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is.  

 

 

-

17


 

  Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, die sal my slaaf wees. Maar trek julle in vrede op na julle vader.  

 

 

-

18


 

  Toe kom Juda nader na hom en sê: Ag, my heer, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.  

 

 

-

19


 

  My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle 'n vader of broer?  

 

 

-

20


 

  En ons het my heer geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is 'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.  

 

 

-

21


 

  Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.  

 

 

-

22


 

  En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.  

 

 

-

23


 

  Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.  

 

 

-

24


 

  En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,  

 

 

-

25


 

  het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons 'n bietjie voedsel.  

 

 

-

26


 

  Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.  

 

 

-

27


 

  En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Julle weet dat my vrou vir my twee gebaar het --  

 

 

-

28


 

  die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.  

 

 

-

29


 

  As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom 'n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal.  

 

 

-

30


 

  As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie -- terwyl sy siel innig aan hom verkleef is --  

 

 

-

31


 

  sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal.  

 

 

-

32


 

  Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.  

 

 

-

33


 

  Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.  

 

 

-

34


 

  Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!  

 

 

-

GENESIS 45

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: