Afrikaans Bible

GENESIS 14

GENESIS

Return to Index

Chapter 15

1


 

  N  hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.  

 

 

-

2


 

  Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damask‚ner Eliëser is?  

 

 

-

3


 

  Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.  

 

 

-

4


 

  Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.  

 

 

-

5


 

  Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.  

 

 

-

6


 

  En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.  

 

 

-

7


 

  Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.  

 

 

-

8


 

  En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?  

 

 

-

9


 

  En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif.  

 

 

-

10


 

  En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.  

 

 

-

11


 

  Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.  

 

 

-

12


 

  En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.  

 

 

-

13


 

  Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.  

 

 

-

14


 

  Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.  

 

 

-

15


 

  Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.  

 

 

-

16


 

  En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.  

 

 

-

17


 

  En n  sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen die stukke vleis deur.  

 

 

-

18


 

  Op die dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:  

 

 

-

19


 

  die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete  

 

 

-

20


 

  en Hetiete en Feresiete en Refa‹ete  

 

 

-

21


 

  en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.  

 

 

-

GENESIS 16

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: