Afrikaans Bible

GENESIS 12

GENESIS

Return to Index

Chapter 13

1


 

  So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.  

 

 

-

2


 

  En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.  

 

 

-

3


 

  En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai,  

 

 

-

4


 

  na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.  

 

 

-

5


 

  En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.  

 

 

-

6


 

  En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.  

 

 

-

7


 

  En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.  

 

 

-

8


 

  Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.  

 

 

-

9


 

  Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.  

 

 

-

10


 

  Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.  

 

 

-

11


 

  En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.  

 

 

-

12


 

  Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.  

 

 

-

13


 

  En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.  

 

 

-

14


 

  En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;  

 

 

-

15


 

  want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.  

 

 

-

16


 

  En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.  

 

 

-

17


 

  Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.  

 

 

-

18


 

  Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.  

 

 

-

GENESIS 14

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: